Welkom op ons webwerf

Gereformeerde Kerk Welkom

Riaan en Clariska Wattelef

Ontmoet ons

Ons Predikant

Ons predikant is Ds. AJ Wattel ( Riaan) en Clariska. Hy is op Februarie 2025 as predikant van die gemeente bevestig

GEREFORMEERDE KERK WELKOM SE

Geskiedenis in Kort

Die Gereformeerde Kerk Welkom het in 1950 afgestig van die Gereformeerde Kerk Odendaalsrus. Ds. DF Malan word as die eerste predikant van die gemeente bevestig. Hy bedien die gemeente van 1950 tot 1951. In 1952 wordds. JJ van der Walt as predikant van die gemeente bevestig. Hy bedien die gemeente van 1952 tot 1957. Gedurende sy bedieningstyd is die eerste kerkgebou van die gemeente in ’n brand verwoes – in September 1957. Ds. LJ Botha het ook in die tyd gedien, van 1956 tot 1958.

Op 6 September 1958 word ds. HLM du Plessis as predikant van die gemeente bevestig. Hy bedien die gemeente tot 1966. Gedurende sy bedieningstyd kry die gemeente ’n nuwe kerkgebou in die plek van die een wat afgebrand het. Die hoeksteen van die nuwe kerkgebou word op 23 April 1960 gelê. Die fondament van die kerkgebou rus op pilare wat byna 10 meter in die grond ingaan. Daarop is ’n beton raamwerk gegooi. Daar is dus geen barste in die gebou nie. Die argitek was Leon Roodt (later ook ’n professor aan die Universiteit van die Vrystaat) en die boumeester was Hans Weiss.

Op 11 Maart 1967 word ds. PJ Pelser as predikant van die gemeentebevestig. Hy bedien die gemeente tot 1976. Gedurende sy bedieningstyd stig ’n tweede gemeente in Welkom af, naamlik die Gereformeerde Kerk Welkom -Noord. Die afstigting het op 15 Junie 1969 plaasgevind.Met afstigting het die bestaande kerkgebou in Doorn die kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Welkom-Noord geword, terwyl die Gereformeerde Kerk Welkom ‘n nuwe kerkgebou in Badenhorst straat, Jan Cellierspark,  gebou het.

In 1970 word dr.JvV du Plessis as die eerste predikant van die Gereformeerde Kerk Welkom-Noord bevestig en bedien hy die gemeente 29 jaar lank, tot met sy emeritering in 1999. Hy word opgevolg deur ds. CA Jansen wat in 1999 as predikant van die Gereformeerde Kerk Welkom-Noord bevestig is. Hy bedien die gemeente tot vroeg in 2006. Hy word opgevolg deur ds. JL van der Schyff wat in Mei 2006 as predikant van die Gereformeerde Kerk Welkom-Noord bevestig is.

Intussen het die volgende predikante na ds. PJ Pelser se vertrek in 1976 die Gereformeerde Kerk Welkom bedien: ds. P van Schalkwyk van 1977 tot 1981, dr. H Denkema van 1981 tot 1985, ds. W Vogel van 1985 tot 2004, ds. JJ de Kock van 2005 tot 2007 en ds. AP Krüger van 2007 tot 2016.

Die Gereformeerde Kerke Welkom en Welkom-Noord het op 22 Oktober 2017 saamgesmelt om die huidige Gereformeerde Kerk Welkom te vorm. ds. JL van der Schyff is op 22 Oktober 2017 as eerste predikant van die “nuwe” Gereformeerde Kerk Welkom bevestig, ds. AJ Wentzel is op Februarie 2025 as nuwe predikant aangestel. Die gemeente gebruik die oorspronklike kerkgebou in Doorn, terwyl die kerkgebou in Badenhorst straat, Jan Cellierspark, intussen verkoop is.

ONS JEUG

SUSTERS

SO VIND ONS SIELSKOS

Word deel van ons Bybelstudie groep!

Ons nooi enigiemand uit om ons Sondagbyeenkomste by te woon om saam Bybel te studeer.

Woman making notes in the Bible

NUUSBRIEF

PREKE

KONTAK